Ben Wolhuter

De Vreugde Eiendomme span

Ben beskik oor ‘n uitgebreide landbou-agtergrond wat spruit uit sy eie praktiese ervaring in graan-, suiwel- en besproeingsboerdery. Met sy B Agric graad het hy waardevolle ondervinding opgedoen in verskeie fasette van die landbousektor. Vervolgens het hy sy loopbaan in die kunsmisbedryf voortgesit, waar hy vir bykans twee dekades as bemarker en landboukundige opgetree het.

Die Boland het vir Ben uit Hartswater in die Noordkaap gelok om sy lewenslange passie vir landbou hier voort te sit – deur plase in die pragtige Paarl en omgewing te bemark. As ‘n groot perdeliefhebber, toegewyde stapper en natuurliefhebber, leef Ben sy passie nie net in sy werk uit nie, maar ook in sy daaglikse lewe.

Met byna 40 jaar se ervaring in die landboubedryf, ‘n diep liefde vir boerdery en ‘n natuurlike aanleg om met mense te skakel, bring Ben ‘n unieke kombinasie van kundigheid en mensekennis na die bemarking van plase. Sy kliënte beskryf hom as professioneel, betroubaar en toegewy aan elke transaksie.

Kontak Agent

082 670 8114

Epos Agent