Ons Agentskap

De Vreugde Eiendomme is ‘n goedgevestigde eiendomsagentskap met ons hoofkantoor in Tweedelaan 2, Hoog en Droog, Paarl in die Wes–Kaap.
Ons kantoor is geleë in ‘n pragtige geskiedkundige huis naby Paarl Hoofstraat in ‘n skaduryke woonbuurt waarvandaan ons na al jou eiendomsbehoeftes vanuit ‘n rustige en privaat omgewing kan na omsien.
Ons prinsipaal het afgesien van amper 60 jaar woonagtig in die dorp ook 27 jaar ondervinding by twee verskillende internasionale groot kettinggroepe as agent en prinsipaal in die Paarlse eiendomsmark. Sy word bygestaan deur haar hand uitgesoekte bekwame professionele span wat met 20 jaar se gekombineerde ervaring in residensiële, kommersiële, industriële en plaas eiendomsverkope en verhurings in die Wes–Kaap spog.


Ons erfenis sowel ons christelike geloofsoortuiging en ons unieke kultuur en waardes is vir ons ’n anker en ‘n rigtingwyser. De Vreugde is ‘n onafhanklike Pure Paarl agentskap sonder kettings en kantore in ander dorpe of stede.
Die eiendomsagente / De Vreugde put baie plesier en trots in die vind en koppeling van mense aan hul tuiste of perseel wat ‘n groot bydra lewer in hul komende geluk en mooi herinneringe.
Streef & inisiatiewe
Ons streef na die hoogste standaard van kliëntebevrediging in die bestuur van huureiendomme sowel as die verkope van eiendomme.
Ons ondersteun plaaslike gemeenskapsinisiatiewe ten einde veiligheid en lewenstandaarde van die plaaslike residensiële areas wat ons bedien, te verbeter.

