Elfriede het van kleins af diep wortels in die Paarl – sy het reeds op sewejarige ouderdom op die plaas De Vreugde grootgeword. Met byna 30 jaar se ondervinding in die eiendomsbedryf, het hierdie trotse ou Gimmie haarself gevestig as iemand wat met warm diens, sterk waardes en ‘n diepgaande kennis van die Paarl-mark en sy gemeenskap talle kliënte se harte gewen het.
Haar loopbaan het in die laat 90’s begin by ‘n internasionale kettinggroep, waar sy vinnig naam gemaak het en gereeld onder die top presteerders getel het. Ná 12 jaar het sy die geleentheid aangegryp om ‘n ander internasionale groep se baie suksesvolle Paarl-tak as prinsipaal en agent oop te maak – alles terwyl haar seuns hul skoolloopbaan by Boishaai gevolg het.
In 2021 het Elfriede besluit om ‘n nuwe hoofstuk te begin deur die agentskap onafhanklik te bedryf en onder die naam De Vreugde Eiendomme voort te bou. Vandag is sy steeds passievol daaroor om kliënte se eiendomstransaksies ‘n kommervrye, maklike en genotvolle ervaring te maak. Haar eerlikheid en regverdigheid staan altyd voorop – selfs al beteken dit dat sy haar eie besigheid tweede stel.
Buite die kantoor bly Elfriede aktief en lewendig: sy geniet oefening, lang stapsessies en fietsry as deel van haar gesonde leefstyl.

