Heinrich se loopbaan as ‘n gekwalifiseerde eiendomsagent het begin by ‘n internasionale eiendomsagentskap, waar hy waardevolle ervaring opgedoen het. Ná 15 jaar in die bedryf het hy sy NQF5 Prinspaal-kwalifikasie suksesvol voltooi – ‘n mylpaal wat sy toewyding en professionaliteit bevestig.
Benewens sy sterk verkoopsrekord het Heinrich sedert 2010 ook ‘n uitgebreide verhuringsportefeulje opgebou, wat van hom ‘n veelsydige en betroubare praktisyn in die eiendomsbedryf maak.
Sy liefde vir verkope het reeds as ‘n 10-jarige seuntjie na vore gekom, en dit het uiteindelik sy loopbaanpad gevorm. Tydens sy studies in finansiële bestuur het hy gou besef dat sy ware passie in eiendom lê – ‘n wêreld waarmee hy van kleins af vertroud is.
Kliënte en gemeenskapslede beskryf Heinrich dikwels as iemand wat raakvat, met opregte liefde en omgee vir sy dorp en mense. Hy dra graag by om woonbuurte netjies en veilig te hou – iets wat hom onderskei as meer as net ‘n eiendomsagent.
Sy talente en toewyding strek egter verder as eiendom alleen. As oud-Boishaai leerling het Heinrich ook sy merk gemaak op die Boschenmeer gholfbaan, waar hy as jong speler indrukwekkende hoogtes bereik het.

