Clear
3 Bedroom House to Rent in Vrykyk
5 Binnekant Street
R 24 000.00
3
2
2
Erf: 746m²
Floor Area: 161m²

3 Slaapkamer Gesinshuis In Populêre Vrykyk

– Alleenmandaat –

Hier word jy hartlik verwelkom met ‘n ruim privaat stoep en buitebraai wat spog met ‘n pragtige uitsig oor die Paarlberg. Vanaf die kombuis en agterplaas kan jy ook die mooi Drakensteinberge bewonder.

Die sitkamer word gevul met volop natuurlike lig en vloei maklik deur na die kombuis en tv kamer, waar ‘n knus kaggel en klein kroeg die ideale ruimte vir ontspanning en onthaal skep.

Al drie slaapkamers beskik oor ingeboude kaste en groot vensters wat die vertrekke lig en ruim laat voel.
Die badkamers is goed toegerus met beide ‘n toilet en wasbak, waarvan die een ‘n stort bied en die ander ‘n bad.
Die eiendom bied ‘n dubbelmotorhuis, asook ekstra parkering voor die huis.

*Troeteldiere Welkom
*Huurder Onkoste: Alarm Monitering (optioneel), Riool, Vullis, Water & Krag
*Dadelik Beskikbaar

Kontak my gerus via epos indien julle wil gaan loer.
Geen Whatsapps asb.

Property Overview

Listing Number117429979
Type of PropertyHouse
Erf Size746 m²
Floor Area161 m²
Pets AllowedYes

Rooms

Livingroom1
Kitchen1
Garages2
Bathrooms2
Bedrooms3

Other Features

Internet AccessFibre

Kontak Agent

Anke Nel-Bantjes

0824289248

anke@devreugde.co.za

Boodskap agent

Deel