Pragtige 3-Slaapkamer Gesinshuis met Sonkrag besonders geskik vir Beleggers.

148 Esti Avenue, Honeydew Estate
3
2
2
Erf: 311m²
Floor Area: 193m²

Alleenmandaat

Hierdie stylvolle en slim ontwerpte woning bied ruim, moderne leefareas en is ideaal vir gesinne of professionele persone wat van die huis af werk danksy ‘n ekstra leefarea wat as ‘n studeerkamer of tweede sitkamer benut kan word. Die oopplan-kombuis, eet- en leefarea vloei deur stapeldeure na ’n privaat tuin met ’n heerlike onderdakbraai-area.

Die huis beskik oor 3 ruim slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers, waarvan die hoofslaapkamer en-suite is en oopmaak na die tuin met mooi uitsigte op Paarlberg. Die moderne kombuis word aangevul deur ’n ruim aparte opwas- en waskamer.

Verder bied die woning ’n outomatiese dubbelmotorhuis met direkte toegang tot die huis, asook ’n 8.8kVA sonkrag-, inverter- en batterystelsel vir ekstra gerief.

Die woning word tans verhuur, wat dit besonder aantreklik vir beleggers maak.

Honeydew Estate bied 24-uur sekuriteit, ’n swembad, staproetes, twee hondjieparke, putt-putt baan, sokkerveld, tennis-oefenmuur en speelareas vir kinders.

Ideaal geleë naby MediClinic Paarl, Optenhorst Sentrum en Paarl Gimnasium skool, met maklike toegang tot Kaapstad, Stellenbosch, die lughawe en die pragtige wynlande.

’n Uitstekende geleentheid om ’n instapklare woning in een van Paarl se gewildste leefstyl-landgoedere te besit. Kontak ons vandag vir ’n besigtiging.

Property Overview

Type of PropertyHouse
Erf Size311 m²
Floor Area193 m²
Rates and TaxesR 2 866
LeviesR 1 636
Pets AllowedYes

Rooms

Livingroom1
Kitchen1
Garages2
Dining Room1
Bathrooms2
Bathroom 2Main en Suite
Bedrooms3
Bedroom 1Air Conditioner
Bedroom 2Air Conditioner
Bedroom 3Air Conditioner

External Features

GardenIrrigation System

Other Features

Temperature ControlAir Conditioning Unit
Security24 Hour Access
Family TVRoomAir Conditioner
Internet AccessFibre
Solar PanelsYes
Backup BatteryYes

Contact Agent

{acf:agent_phone:linked_agent}

{acf:agent_email:linked_agent}

Lees Meer

Share